In 1918, Die Boerevrou, the first Afrikaans magazine for women, appeared in Pretoria. This illustrated monthly magazine for women was the first published magazine in Afrikaans. Die Boerevrouw (its title until June 1920) was the first women’s magazine in Afrikaans and appeared in Pretoria from March 1919 under the editorship of the owner, Mrs. Mabel Malherbe (nee Rex), whose assistant editor from an early date was Mrs. M. E. Rothmann (M.E.R.), who published her first short stories in it. The magazine met with public approval almost from its inception, since it was the only Afrikaans magazine entirely for women; it also dealt with national affairs, with special emphasis on matters affecting Afrikaner women, their own past and their people; it aimed to include women as an essential factor in sound national development. Prominent writers like Eugene Marais, F. W. Reitz, G. R. von Wielligh, Jan Celliers, A. G. Visser, F. van den Heever (‘Toon’) and C. M. van den Heever, and artists like Anton van Wouw, Pierneef and Erich Mayer willingly contributed. Of special value were contributions sent in by the readers themselves, once confidence had been established in the editorial leadership.
These were contributed to a column ’round the coffee-table’ which would formerly have been regarded as of purely personal significance, but had a historical interest, for they cast a clear and intimate light upon the development and characteristics of the Afrikaner people, especially since the days of the Great Trek. To delve into the old volumes of the Die Boerevrou is to reveal valuable Africana. Mrs. Malherbe hoped that sufficient advertisements of reliable goods would be forthcoming to cover expenses. Perhaps her estimate was too high and, moreover, she turned down all advertisements of liquor and patent medicines.
The deficits, which for years had been borne by her husband, the attorney Kenne Malherbe, eventually became so great that she had to give up the struggle, and in 1931 the magazine ceased publication.
Two fine anthologies were compiled by Mrs. Malherbe from the contents: Die Boerevrou-boek (1950) and Juwele wat steeds bekoor (1951).
This coffee table magazine offered a number of regular features such as:
Sewing and Knitting patterns
Fashions
Childrens Stories
Jong Suid-Afrika – family photo’s sent in by the public
Home Recipes
Koue Seep
8 lb. vet, 1 lb. seepsoda, 1 3/4 bottel water. Dit kan enige vet of botter wees; natuurlik moet dit uitgebraaide vet wees. 1/2 varkvet, 1/2 skaap of beestevet maak die mooiste seep, ofskoon die hoeveelheid van die ander net so goed is. Harde vet, al is dit baie donker en vuil, kers afdrupsels of enige uitgebraaide vet, sal vir koue seep ewe goed wees, al sal dit nie juis so mooi wees nie. Los op die soda in die water. Smelt die vet oor ‘n vuur. Laat so bietjie afkoel. Intussen voer ‘n kassie uit met ‘n natte doek. Probeer dat die soda en die vet so na as moontlik dieselfde warmte het. Roer nou bymekaar, hou aan totdat dit so dik as gesuikerde heuning lyk. Gooi uit in die kassie, vou die buitenste stukke van die doek oor die seep. Sit dan ‘n ou sak oor, en laat oornag staan. Sny die volgende oggend uit. Laat in die son of in ‘n trekkerige plek droog word, as dit gou nodig is. Die kassie wat in die vorm gebruik word, kan goed diep wees. Dit kan dan in stene op die volgende manier gesny word. Sny die stuk deur van bo af in stene, sny dan weer deur op die dikte van die steen; 2 of 3 stene kan so opmekaar gevorm word. Dan het dit nie so ‘n groot kassie nodig nie.
Deurskynend koue seep
7 lb. vet, 1 lb. soda, en 1 bot. water. Maak die soda die vorige aand aan. Maak goed warm toe. Volgende oggend smelt die vet af en koel of; roer dan by die soda, en roer vir ‘n uur. Voeg dan by een lepel terpentyn en ‘n half koppie parafien. Roer goed deur. Gooi uit in ‘n kassie (uitgevoer met ‘n nat lap). Bedek baie goed met ou sakke of komberse; laat dit so langs die stoof staan op ‘n louwarm plek vir 4 of 5 weke. Dit sal dan mooi deurskynend wees. Die soda moet in ‘n geëmailleerde emmer of skottel aangemaak word. Die seep moet die volgende dag na dit aangemaak is uitgesny word en teruggesit in die kassie, en goed toegemaak word vir 4 of 5 weke.
Skuurseep (Monkey Soap)
7 lb. vet, 1 lb. seep-soda, 1 bot. water, 1/2 slypsteen (‘bathbrick’) fyn gepoeier, dan deur ‘n kamerdoek gesif, of ‘n fyn siffie (dit moet baie fyn wees anders krap dit strepe) en 2 lepels ‘whiting’. Los die soda op in die bottel water, smelt dan die vet, laat afkoel; probeer om die warmte van die vet en soda so eenders moontlik te kry. Roer bymekaar. Voer ‘n kassie uit met ‘n nat lap. Nes die seep al mooi dik is, amper klaar, moet dit soos ‘n dik pap wees. Roer nou die fyngesifte slypsteen by en die ‘Whiting’; roer goed; gooi in die gevoerde kissie; dit moet goed dik wees voor dit in die vorm gegooi word, anders sak die slypsteen af. Sny dit in mooi klein handige steentjies die volgende dag. Dis net so goed as die gekoopte.
Een van Mevr. van Tulleken se resepte vir:
Aartappel Seep
7 lb. vet, 14 lb. aartappels, 2 1/2 lb. seepsoda, 3 bottels water. Kook die aartappels met hul skil, trek dan die skille af, maal deur die vleesmeule. Weeg af, smelt die vet, roer die aartappels by tot dit ‘n gladde mengsel is. Meng die soda met ‘n 1/2 bottel water, meet die ander 1 1/2 bottel water en sit by der hand neer. Roer nou by die soda, maar haal eers die pot van die vuur; roer 5 min. gooi dan die helfte van die afgemete water by, roer 10 min, nou die res van die water, roer weer 10 min. gooi dan in kassie met ‘n nat lap gevoer. Laat drie dae.staan voor dit uit te sny; maak mooi droog op ‘n trekkerige plek of in die son (die seep moet die drie dae goed toegemaak word voor dit uitgesny word.)
Dikmelkseep
Neem dikmelk, sit dit op die vuur in ‘n parafienblik. Laat nou amper kook tot dit so’n mooi stywe dik aanmekaar stuk maak; dit moet nie baie taai wees nie. Gooi nou in iets waar die water goed van die melk kan afloop (‘n ander bilk met gaatjies – klein – is goed). Werk mooi saggies met die melk, anders gaan te veel verlore. As dit nou mooi droog afgeloop is, vryf dit dan so fyn as moontlik met die hande. Smelt 2 lb. vet en neem 10 lb. van die fyngevryfde melk. Voeg dit daarby, roer goed deur, neem weg van die vuur; roer by 1 lb. soda opgelos met ‘n bottel water; voeg by en roer vir ‘n uur. Gooi in ‘n kassie gevoer met ‘n doek. Laat drie dae staan en sny dan uit. Droog die stene mooi uit. Dit is goeie seep en skuim baie mooi.
(Al die seepresepte kom in Mevr. Tulleken se boek voor. Daar het pas ‘n 5de (vergrote) uitgawe van die nuttige boek verskyn – dit is werklik ‘n onmisbare besitting vir elke Afrikaanse huisvrou)
Verlede maand het ons in die Ruilkolom vertel hoe iemand wat moeite wil doen om die boeke te verkoop een vir haar beloning sal kry. Of anders kos een 11/-pos vry – bestel van Mevr. van Tulleken, P.K. Holmdene
Hoofstuk 1 (Deur Else Louwrens)
Wie sê die lewe in ‘n mierkat-dorpie is saai en eentonig? Moenie glo nie. Kyk, die son loer net effentjies oor die ver blou rante, maar dis genoeg om vir Swartjie en Spitsbek en Jan Hoepelbeen en Takhaartjie en Nooientjie en nog dertig of veertig ander mierkatte uit hul huisies daar in die bult te lok.
Hier is hul. Een, twee, drie, sit hul penorent soos kerse op hul agterpote. Vinnig draai die koppies heen en weer, agtertoe, vorentoe, alkant-toe. Die lewe is nou eenmaal te interessant. Dit sou al te jammer wees om iets daarvan te mis.
“Swartjie, het jy gehoor?”
“Ja, wat gehoor? Jy weet mos altyd meer as ‘n ander, of jy dink jy weet meer,” en Spitsbek werp hom ‘n venynige bilk toe.
“Die Kriebos meerkatte daaronder in die laagte noem ons dorp mos “Lawaaimakersfort.”
“Begryp jou, Lawaaimakersfort. Hul is net jaloers op ons deftige naam, ‘Rus en Vrede’; hul, wat vir hul ou dorpie nie eens ‘n naam het nie. Papbroekvlakte sou net ‘n goeie naam vir hul wees. Pieperig en afgemaer en papbroekery, dis wat hul is. En wie weet iets van hul afkoms, hul famielies?”
“Ja wie? Ons, Besems, – ons weet! Nie verniet heet ons die Besemstam nie. ‘n Stert soos ‘n besem, elkeen van ons. Kyk vir ou Grootjie. Ses mierkatgeslagte is aan haar te danke, en elkeen van hul, man, vrou, of kind, ‘n opregte Besem, mooi, rats, sterk…”
Jokes
Die lesing was verskriklik droog, om die minste daarvan te sê. Die onderwerp was “Die Ontwikkeling van die Mens”, en as ‘n illustrasie wys die geleerde man op die onderskeid tussen die mens en die dier.
“Die mense,” so beduie hy, “maak steeds vordering, terwyl die ander diere bly stilstaan. Neem bv. die esel. Deur al die eeue heen, die hele wêreld deur, bly dit net dieselfde skepsel. Julle het nog nooit, geagte dames en here, julle sal nooit ‘n beter esel sien as wat julle vandag sien nie.”
* * *
Hy: “Vir wat klap jy so? Daardie vrou het akelig gesing.”
Sy : “Ja, ek weet, maar ek is verlief op haar tabberd en ek wil dit graag nog ‘n maal sien.”
* * *
Pa: “Hoe lyk dit, Koos, smaak die medisyne nog so sleg?”
Koos: “Nee, pa, nou gaan dit darem.”
Pa: “Drink jy nog gereeld drie keer op ‘n dag ‘n lepelvol?”
Koos: “Ja, pa, maar my lepel het weggeraak, nou gebruik ek maar ‘n vurk.”
* * *
Tante: “Miena, wie is die luiste in julle klas?”
Miena: “Nee, Tante, ek weet nie.”
Tante: “Wel, dis tog maklik as julle reken wie sit die luiste daarby?”
Miena: “Die juffrou, Tante!”
Letters
Liewe Boerevroutjie,
Nou wil ek ook so’n rukkie met julle saam gesels orn die koffietafel. Ek sien so baie vertel van oumense, nou wil ek ook graag vir julle van my man se Ouma vertel. Sy is, sover ek weet, die oudste oumens in Lydenburg se Distrik, sy is die 12de deser 100 jaar oud, en is nog taamlik sterk vir so ‘n hoë ouderdom. Ouma was ‘n nooie Schoeman en was getroud met Jan Steenkamp. My skoonvader is haar enigste kind. Toe Oupa Steenkamp dood is, is sy weer met Jan Jacobsz getroud, hy is ook al vir jare dood. Ouma bly by my skoonouers. Sy kan nog al die voortrekker-verhale vertel, of dit gister gebeur het, sy was destyds ‘n kind van 11jr jaar.
Maar nou wil ek somar ‘n grappie vertel, wat in die Boere-oorlog plaasgevind het. Ouma had een suster wat baie op haar gelyk het, maar sy was toe deur die Engels eweggevoer. Op ‘n dag kom ouma in ‘n winkel en sien haarself in ‘n groot spieel. Sy dog dis haar suster, sy loop na die spieel en steek haar arms uit, en sê “My liewe ou suster, is jy ook hier?” Dit het glo gedreun in die winkel soos die klerke en mense gelag het. – Mevr. Willem Steenkamp.
Mej. C. Benade skryf : “Ek sien dat die vrouens en meisies saam gesels oor die armblanke, so wil ek ook baie graag iets daaroor skryf, want as almal dink en saamwerk kan die saak opgelos word.
Ek dink die vrouens en meisies moet werk om Suid-Afrika ‘n droë land te maak soos Amerika, want deur die drank is daar duisende kinders wat armoede en gebrek ly. Die vader werk miskien, en sodra as hy die geld gekry het, gaan dit na die kantien. Die kinders kry geen behoorlik opvoeding nie, en volg naderhand hulle vader se voetstappe. Ek het gehoor hulle sê, solank as hulle onder die in vloed van drank is, voel hulle so gelukkig en ryk. Ek dink al die vrouens en meisies moet saamspan om in die saak te werk. Ek wens die “Boerevroutjie” alle seën toe, en hoop sy sal nog lank lewe. Ons almal geniet haar baie.”
Source: Standard Encylopeadia of South Africa and Die Boerevrou Magazine 1922 November & December, 1925 January, March & June, 1926 April & June, December 1931
[facebook]
[twitter name=”name”]